Selgroepe

Wat kan jy verwag?

Daar is ‘n verskil tussen om ‘n netwerk te hê en ‘n vriend te hê. Ons groepe is klein gemeenskappies van vriende waar jy jouself kan wees, moeilike vrae kan vra en waar jy kan groei INverhouding met God.

HOE WERK DIT? 

Selgroepe kom een keer 'n week bymekaar. Dit kan gebeur by die kerk of iemand se huis. Elke groep het 'n opgeleide fasiliteerder wat sal seker maak dit bly 'n gemaklike en veilige spasie waarin almal mekaar respekteer.

WAT IS DIE DOEL? 

Elke bediening se doel is om besoekers en ongelowiges wat ons gemeente besoek welkom te laat voel. Deur moeite, vriendelikheid, omgee, gasvryheid en liefde wil ons dit maklik as moontlik maak sodat ander God kan ervaar.

© 2018 InPas Gemeente. Alle regte gereserveer.