Bedieninge

HOE WERK DIT? 

As ons net kerk toe kom om seën van God af te kry en nie die seën van God te gee nie, is daar 'n probleem. Elke lidmaat in ons gemeente word uitgedaag om betrokke te bly. Almal betrokke kom vroeër kerk toe om seker te maak alles is in orde vir elke diens. Sommige bedieninge maak die nodige voorbereidings gedurende die week.

WAT IS DIE DOEL? 

Elke bediening se doel is om besoekers en ongelowiges wat ons gemeente besoek welkom te laat voel. Deur moeite, vriendelikheid, omgee, gasvryheid en liefde wil ons dit maklik as moontlik maak sodat ander God kan ervaar.

Bedieningsareas

InPas kinderkerk bedien alle kinders tussen die ouderdom van 3 jaar en 12 jaar en vind plaas tydens die 09:00 oggenddiens. Ons kurrikulum is gebasseer op die 7 ritmes.

4 Groepe:
Peuters - 3 en 4 jariges
Kleuters - 5 en 6 jariges
Juniors - Graad 1 tot 3
Seniors - Graad 4 tot 6 

Vind plaas tydens die 09:00 tot 10:00 Jeugdiens
Hierdie belangrike oorgangsjaar vanaf laerskool kan vir baie oorweldigend wees! Ons bedien die Graad 7's juis op hulle eie vlak in hierdie "Switch" jaar en stap saam die pad vir al die wonderlike vooruitsigte wat op hulle wag!

Vind plaas vanaf 09:00 tot 10:00 by Laerskool Constantiapark na afloop van die preek vir 45 minute.
Alle tieniers welkom! Waar ons lekker saamkuier, saam aanbid en leer om in Ritme met Jesus te leef!

Jong volwassenes met passie vir die lewe!

Daar is ‘n verskil tussen om ‘n netwerk te hê en ‘n vriend te hê. Ons groepe is klein gemeenskappies van vriende waar jy jouself kan wees, moeilike vrae kan vra en waar jy kan groei INverhouding met God.

Help om die saal gereed te kry vir die dienste vir Sondag. Ook om op te ruim sodat die saal weer gereed is vir die skool vir Maandae.

Bestaan uit: Voordeur verwelkomers; Inligtingstoonbank; Nagmaal- en Kollektespanne; Parkeerspanne en Koffie- en Teespanne.

Persone wat hulle aanbidding en musikale vermoë wil gebruik om ander te lei om God te ervaar.

Ons tegniese & multimedia spanne is tydens ons dienste besig om hulle beste te gee sodat ander God kan beleef.

Ons vrywilligers verpak weekliks kospakkies. Hieruit word aan gesinne kos voorsien. Hierdie pakkies sluit ook bejaarde tehuise en inloop persone in.

© 2018 InPas Gemeente. Alle regte gereserveer.