Anker Mannebediening

Om God so te vertrou is soos om ‘n Geestelike Anker te hê. Dit gee ons lewe vastigheid en sekerheid. Dit verbind ons ook direk met God self in die Heiligste van Heilige plekke. Hierdie vooruitsig is soos ‘n betroubare en stewige anker – ‘n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom… Hebreërs 6:19a (NLV)

Elke eerste Saterdag van die maand skep ons by Anker Mannebediening, ‘n geleentheid om bymekaar te kom en ons harte met mekaar te deel.
Of ons koffie en beskuit eet of wors braai, ons as manne kan altyd met mekaar gesels en sodoende mekaar help om Geestelik te groei, Manne van God te word en ‘n broederlike band te vorm.
Ons reël by tye gassprekers en by ander geleenthede deel van ons eie manne hulle harte met ons.
Ons hoofdoel is om manne te bemagtig om as hoof van sy huis die Here te dien. Om op te kan staan vir wat reg is en om nie skaam vir sy geloof te wees nie.
Skakel de Wet by Tel: 082 371 7264 as jy deel wil word van ons Anker Mannebediening.
Ons sien uit om jou daar te sien.