Konstruksie Kids
“Leer die jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.” Spreuke 22:6
Kinders, tussen die ouderdom van 3 jaar tot 12 jaar (Gr 6), is in konstruksie om meer soos Jesus te word.
Hier leer ons kinders, op hulle eie ouderdomsvlak en ontwikkelingsfase, meer van God se wonderlike Woord deur aktiwiteite, stories, speel en sing.
Deur ‘n holistiese benadering werk ons aan hulle geloofsvorming soos Spreuke 22 sê, dat hulle as volwassenes nie daarvan sal afwyk nie. Ons vat ook hande met ouers en bied gereeld Immergroen Ouerskap Kursusse aan.
“U woord is ‘n lamp vir my voete en ‘n lig op my pad.” Psalms 119:105
Konstruksie Kids bediening vind elke Sondag plaas tydens die oggend diens om 09:00 asook aanlyn om 10:00 op YouTube.
Vir meer inligting of om betrokke te raak kan jy gerus ‘n epos stuur aan chante@inpas.org.za