M Square

Maar die fondament wat God self gelê het, kan niemand verskuif nie. Dit staan vas. Op die fondament staan geskryf: “Die Here ken almal wat Syne is,” en: “Elkeen wat openlik sê dat hy aan die Here behoort, moet wegbly van alles wat verkeerd is.”
2 Timoteus 2:19

M Square is Inpas Gemeente se bediening wat spesiaal ontwerp is vir alle Graad 7 kinders wat op so ‘n belangrike plek in hul ontwikkeling is. Ons weet dat hierdie ouderdom kind aan die beginpunt staan van hulle soektog na identiteit.

Ons aanbieding is van so ‘n aard dat ons kinders wil help om die Waarheid vir hulself te ontdek deur lesse aan te bied op ‘n interaktiewe, relevante, prettige en uitdagende manier. Deur persoonlike mentorskap, stap ons ‘n pad saam met elke Graad 7 om hulle te begelei in hul persoonlike verhouding met God en hul medemens.

Nadat ‘n Graad 7 kind die M Square jaar voltooi het en die volgende fase van tiener-wees betree, wil ons hê hulle moet die volgende weet: Wie God is en wie ek is, daarom kan ek ‘n verskil maak in my wêreld.

Ons M Square Graad 7 bediening vind elke Sondag plaas tydens ons oggend erediens om 09:00.

Kontak info@inpas.org.za om meer uit te vind of om deel te word.