Young A’s
Met dit in gedagte bid ons altyd vir julle. Mag ons God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het. Mag Hy elke goeie voorneme en geloofsdaad met krag tot volkome uitvoering bring.
2 Tessalonisense 1:11
Ons elkeen het ‘n behoefte om iewers te behoort. By Inpas Gemeente wil ons spasies skep waar jongmense die lewe saam kan ontdek, God se wil kan soek, groei in jou mens-wees en saam kuier deur al die moeilike vrae wat relevant is vir elke jong mens se lewe.
Die Young A’s bestaan uit studente, jong werkendes en jong getroudes tussen die ouderdom van 19 en 30.
Een keer ‘n kwartaal kom ons as ‘n groot groep bymekaar vir sosiale geleenthede. Daar is wel ook weeklikse selgroepe waar jy betrokke by kan raak:
Studente – Woensdae, 18:30
Jong werkendes – Donderdae, 18:30
Jong getroudes (verloofdes) – Dinsdae of Donderdae, 18:30
Hier is ‘n plekkie vir jou!
Skakel Hannelie (083 652 0139) om meer uit te vind of om deel te word.

